Tegnologieë en beginsels
By Google streef ons na idees en produkte wat dikwels die grense van bestaande tegnologie verbreed. As ’n maatskappy wat veranwoordelik optree, werk ons hard om te verseker dat enige innovering gebalanseer word met die behoorlike vlak van privaatheid en sekuriteit vir ons gebruikers. Ons privaatheidbeginsels beïnvloed alle besluite wat ons op elke vlak van die maatskappy neem om sodoende seker te maak dat ons gebruikers beskermd en bemagtig is, terwyl ons die vervulling van ons voordurende missie om die wêreld se inligting te organiseer, nastreef.
Privaatheidsbeginsels
-
Gebruik inligting om aan ons gebruikers waardevolle produkte en dienste te lewer.
“Fokus op die verskaffing van die beste gebruikerervaring” is die eerste beginsel van Google se filosofie. Wanneer gebruikers inligting met ons deel, laat dit ons toe om produkte en diente te bou wat vir hulle waardevol is. Volgens ons kweek fokus op die gebruiker beide die produkte en die privaatheidverbeterende kenmerke wat alreeds innovering aangehelp het en ’n lojale gebruikersbasis aanlyn geskep het.
Wanneer ons soek, leer ons uit die tik- en spelfoute wat ons almal maak om vir jou vinniger en meer akkurate soekresultate te gee. As jy dus [gryspeer] invoer, kan ons raai dat jy dalk [grysbeer] bedoel het.
-
Ontwikkel produkte wat streng privaatheidstandaarde en -praktyke reflekteer.
Ons mikpunt is om aan die voorpunt van tegnologie te staan, insluitende die ontwikkeling van nutsdinge wat gebruikers help om hulle persoonlike inligting op ’n eenvoudige, toeganklike wyse te bestuur sonder om afbreuk te doen aan die waardevolle gebruikerervaring. Ons voldoen aan privaatheidwetgewing en werk ook intern met reguleerders en industrievennote om sterk privaatheidstandaarde te ontwikkel en te implementeer.
Ons het Google+ met kringe ontwerp om dit maklik te maak om verskillende goed met verskillende mense te deel. Sodat jy jou vriende in een kring, jou familie in ’n ander een en jou baas in sy eie kring kan sit – net soos in die regte lewe.
-
Maak die versameling van persoonlike inligting deursigtig.
Ons streef daarna om vir gebruikers die inligting te wys wat gebruik word om ons dienste te pasmaak. Waar dit gepas is, mik ons daarna om deursigtig te wees oor die inligting wat ons oor individuele gebruikers besit en hoe ons daardie inligting gebruik om ons dienste te lewer.
Google Dashboard help om die vraag, “Wat weet Google van my?” te beantwoord. Dit wys jou die inligting wat in jou Google-rekening gestoor is, soos jou laaste Blogger-blog of jou opgelaaide foto’s en stel jou in staat om jou privaatheidinstellings vir baie Google-produkte te wysig vanaf een sentrale ligging.
-
Gee aan gebruikers betekenisvolle keuses om hul privaatheid te beskerm.
Mense het verskillende privaatheidsorge en -behoeftes. Om die volledige spektrum van ons gebruikers die beste te dien, streef Google daarna om aan hulle betekenisvolle en goeddeurdagte keuses te bied aangaande die gebruik van hulle persoonlike inligting. Ons glo dat persoonlike inligting nie gevange gehou moet word nie en ons is verbind tot die bou van produkte wat toelaat dat gebruikers hul persoonlike inligting uitvoer na ander dienste. Ons verkoop nie gebruikers se persoonlike inligting nie.
Met ons privaatheidnutsgoed kan jy die soekverkeer tussen jou rekenaar en Google enkripteer, privaat deur die internet blaai, jou soekgeskiedenis uitvee, jou data maklik uit Google-produkte skuif met ons databevryding-poging en nog baie meer.
-
Wees ’n verantwoordelike bewaarder van die inligting wat ons hou.
Ons erken ons verantwoordelikheid om data wat gebruikers aan ons toevertrou te beskerm. Ons neem sekuriteit-aangeleenthede baie ernstig op en werk saam met ’n baie groot gemeenskap van gebruikers, ontwikkelaars en eksterne sekuriteitkundiges om die internet veiliger en meer beskut te maak.
Ons bou veiligheid en veerkrag vanaf grondvlak in al ons produkte in. Ons geoutomatiseerde skandeerders gebruik data om miljoene gebruikers daagliks te beskerm teen wanware, uitvissing-skemas, bedrog en strooipos.
